CrossFire Life Transformation (CLT)

Woord op Woensdag

Het jy geweet dat die Bybel regtig ‘n biblioteek vol boeke is? Om presies te wees: 66 boeke, met byna 1200 hoofstukke en meer as 31 000 verse.

Besef jy dat die skrywer van hierdie groot boek – die lewende God wat die hemel en die aarde geskep het – persoonlik teenwoordig is deur sy Heilige Gees, elke keer as jy die inhoud lees of na luister?

Wel, daarom bring ons jou hierdie Woord-op-Woensdag-podgooi: om jou gees te voed, jou te verlig en om jou te versterk in jou daaglikse reis as volgeling, dissipel, van Jesus Christus.

Mag jy hierdeur geseën word!

x

Wil jy graag 'n verskil maak?

CrossFire LewensTransformasie is tans besig om ‘n splinternuwe kursus saam te stel om mense wat in Kitsgesinne leef (gesinne wat hersaamgestel is) te bemoedig en bemagtig. Dit sal ‘n kwaliteit teks- en video-gebaseerde produk wees wat deur individue, gesinne en gemeentes gebruik kan word. Luister hoe jy tot hierdie projek ‘n bydrae kan maak.