Sosiale Investering

Crossfire LT se sosiale investering sentreer rondom gesinne in nood, sowel as om minderbevoorregte jeug te help vorder in sport.

Een van die Noordkaap se sokkerspanne is al toegerus met sportuitrusting en `n lewensvormingskursus genaamd RESET – Groei tot `n beter persoon waarin verskeie lewensbelangrike onderwerpe gedek word ten einde geestelike transformasie te bevorder.

In vennootskap met Voetspore Gemeenskapskerk en Judea Harvest is verskeie voedselbokse reeds gepak en versprei na gesinne in nood in Suid-Afrika en verder noordwaarts oor ons landsgrense heen.

x

Wil jy graag 'n verskil maak?

CrossFire LewensTransformasie is tans besig om ‘n splinternuwe kursus saam te stel om mense wat in Kitsgesinne leef (gesinne wat hersaamgestel is) te bemoedig en bemagtig. Dit sal ‘n kwaliteit teks- en video-gebaseerde produk wees wat deur individue, gesinne en gemeentes gebruik kan word. Luister hoe jy tot hierdie projek ‘n bydrae kan maak.