Meer oor ons

Kort agtergrond

CrossFire LewensTransformasie (CLT) is `n nie-winsgewende organisasie gemik op transformasie en groei in mense van alle ouderdomme oor die wêreld heen: kinders, tieners en volwassenes. 

Na heelwat nadenke en gebed het CrossFire LT (`n nie-winsgewende organisasie) aan die begin van 2013 afgeskop. Reg van die begin af was die visie geestelike lewenstransformasie in mense van alle ouderdomme met die oog daarop dat hulle weer ander se lewens kan verryk (2 Tim. 2:2). Manie, die visionêre en bedieningsleier van CLT, dien ook binne die N.G. Kerk vir die afgelope meer as 18 jaar en is tand predikant by die Lyttelton-Oosgemeente in Centurion, Pretoria.

Hy is getroud met Angelique en hulle het drie kinders van 8, 9 en 11 jaar oud.

CrossFire LewensTransformasie/Life Transformation (CLT)

Ons naam, CrossFire LT, bestaan uit twee baie belangrike aspekte rakende die Koninkryk van God, soos duidelik is uit die Woord van die Here:
Eerstens, die “CROSS” (oftewel “KRUIS”) verwys na die kruis van Jesus Christus waaraan Hy gesterf het vir die sondes van alle mense en daardeur versoening bewerk het tussen God en mens. Wat baie belangrik is, is dat Hy nie slegs gesterf het nie, maar ook opgewek is uit die dood en daarom getriomfeer het oor die dood, hel en bose magte. Deur die rekonsiliasie wat Jesus aan die kruis bewerk het, is ons in staat om in `n persoonlike verhouding met Hom, sy Vader en die Heilige Gees te staan. Hierdeur het Jesus vir ons die geskenk van ewige lewe saam met Hom in die hemel moontlik gemaak. 

Tweedens, die “FIRE” (“VUUR”) verwys na die vuur wat die Heilige Gees in `n mens se gees aan die brand steek. Dit is slegs moontlik na `n ware ontmoeting by die kruis van Christus waar sondebelydenis plaasvind en jy weergebore word. Die Heilige Gees word ontvang as geskenk van die Vader en die Seun wanneer jy Christus as Here en Verlosser aanneem (Joh. 7:37-39). Hy troos en bemoedig ons, rus ons toe met gawes, gee ons krag in swakheid en lei ons in die waarheid van die Woord. Ongelukkig is dit nie altyd sigbaar in mense se lewe nie: hulle sit dikwels die kerkbanke vir jare warm sonder om volledig vir Jesus Christus te leef. Hierdie “vuur” verwys dus na die dinamiese en kragtige vervulling (dunamis) van die Heilige Gees in `n persoon se lewe. Dit is wat die reuse verskil maak in die vestiging van sy Koninkryk hier op aarde.

LewensTransformasie

Wanneer `n ware “kruiservaring” en die “vuur van die Gees” `n realiteit word in `n mens se lewe, bring dit nuwe lewe voort volgens God se beloftes in Sy Woord (2 Kor. 5:17).  Dit bring ook transformasie (metanoia) mee, wat beteken dat so `n persoon totaal anders begin dink, praat en leef as voorheen (Rom. 12:2) om sodoende God van dag-tot-dag te verheerlik.

Ons droom dat God hierdie bediening en die impak daarvan tot aan die uithoeke van die wêreld sal neem, net soos die Groot Opdrag in Handelinge 1:8 deur Jesus self verwoord word:

Maar julle sal krag ontvang wanneer die Heilige Gees oor julle kom, en julle sal my getuies wees in Jerusalem sowel as in die hele Judea en in Samaria en tot in die uithoeke van die wêreld.”

Visie

Jesus-ontmoetings – Geesgetransformeerde lewens.

Missie

Belê in alle mense om hul te dissipel vir verandering.

Bybelse begronding

Gee julleself aan God…laat God julle verander…” (Rom. 12:1-2)

Raad van Direkteure

Manie Groenewald

Leeraar & Visionêre Leier: CrossFire LT

Bertus Swanepoel

Berading Sielkundige

Hannes Myburg

Geoktrooieerde Rekenmeester (CA, SA)

Marius Keyter

Pastoor: AGS Kerk van SA

Aksiespan

Die Aksiespan bestaan uit mense wat eerstens Christus met hulle hele hart liefhet; tweedens gee hulle almal vrywillig van hul vrye tyd af om die Koninkryk van Christus hier op aarde te dien; laastens deel hulle almal hul onderskeie godgegewe talente en geestelike gawes, en bring hulle rykdom aan lewenservarings om hierdie bediening te help uitbrei, sodat meer mense deur CrossFire LT beïnvloed kan word. Hulle is almal kosbare lede van die span en word meer waardeer as wat woorde ooit kan sê …

Minize Haron

(Branding & Marketing)

Ida Stols

(Small Group Ministry)

Sulé Potgieter

(Proof reader & Editor)

Louis Serfontein

(Website Hosting)

Annaliese Grobbelaar

(Proof reader & Editor)

Colin Brazendale

(Marketing)

Anine Labuschagne

(Reading Plans)

Santie Roach

(Graphic designer)

Gebedspan

Elke bediening het ‘n gebedspan nodig. Hierdie mans en vroue is die ‘ruggraat’ van CrossFire LTI, altyd gereed om gefokusde tyd te spandeer om die Naam van die Here aan te roep … en bid vurig vir alles wat moet gebeur en dat God die regte “deure” kan oopmaak en sluit met met betrekking tot hierdie bediening.

  • Ria Maree
  • Jan Geyser
  • Hentie Hattingh
  • Ida Stols
  • Gideon Strauss
  • Hefsibah Strauss
  • Felicia Lategan
  • Marelize Botha
x

Wil jy graag 'n verskil maak?

CrossFire LewensTransformasie is tans besig om ‘n splinternuwe kursus saam te stel om mense wat in Kitsgesinne leef (gesinne wat hersaamgestel is) te bemoedig en bemagtig. Dit sal ‘n kwaliteit teks- en video-gebaseerde produk wees wat deur individue, gesinne en gemeentes gebruik kan word. Luister hoe jy tot hierdie projek ‘n bydrae kan maak.