Vorming op Vrydae
“want ons is God se handewerk. Hy het ons gemaak dat ons die goeie werke wat Hy vir ons bestem het, kan uitlewe. – Efesiërs 2:10
God het jou dus gevorm voor die dag van jou geboorte. Maar dit is nie die einde van jou vorming nie … God wil jou vandag, môre, elke dag in jou lewe vorm. Is jy bereid om jou op nuwe maniere tot Sy eer te laat vorm? Dit is waaroor Vorming-op-Vrydag gaan … om gevorm te word tot ‘n beter volgeling van Christus: spesifiek binne die ruimte van `n kitsgesin.