Kleingroepe

Tydens sy dienstydperk as leraar by Moreletapark Gemeente was Manie se primêre fokus Volwasse Kleingroepe. Hy het landswyd in verskeie gemeentes toerustingkursusse vir kleingroepleiers aangebied, kursusmateriaal geskryf en help vertaal asook die In Gemeenskapboek – `n Goeie wegspringpunt vir jou kleingroep van Andy Stanley in Afrikaans vertaal saam met Annaliese Grobbelaar.

Manie dien sedert 2016 as die nasionale koördineerder van die Small Group Network in Suid-Afrika – `n globale bediening wat begin is deur Pastoor Steve Gladen, Kleingroepleraar van Saddleback Gemeente in Kalifornië. Sedert 2019 is hy ook die SGN-koördineerder vir Suidelike Afrika in `n poging om gemeentes regoor suidelike Afrika behulpsaam te wees met hul bediening in kleingroepverband.

Vir meer inligting oor `n interkerklike groep in jou omgewing, podgooie of aanlynkursusmateriaal, besoek www.smallgroupnetwork.com.

Manie is beskikbaar vir preke, toerustingskursusse en die begeleiding van leiers in gemeentes se kleingroepbediening. Kontak hom gerus by kleingroepe@crossfire.org.za.

Nuutste kleingroepmateriaal oor die Heilige Gees – gebaseer op Francis Chan se Forgotten God. Dit is vir die eerste maal aan die begin van hierdie jaar by Voetspore Gemeenskapskerk in Centurion deur groepe gebruik.

Kursuslengte: 6 weke

Vertaling: Ds. Manie Groenewald & Prof. Chris de Wet.

Koste van boekies: R50 elk.

Kontak ons indien jy belangstel by kleingroepe@crossfire.org.za.

x

Wil jy graag 'n verskil maak?

CrossFire LewensTransformasie is tans besig om ‘n splinternuwe kursus saam te stel om mense wat in Kitsgesinne leef (gesinne wat hersaamgestel is) te bemoedig en bemagtig. Dit sal ‘n kwaliteit teks- en video-gebaseerde produk wees wat deur individue, gesinne en gemeentes gebruik kan word. Luister hoe jy tot hierdie projek ‘n bydrae kan maak.