CrossFire Life Transformation (CLT)

Maandag Motivering

Ja, ons weet… dit is weer Maandag! Die naweek het verbygegaan en ‘n nuwe week propvol werk, afsprake en verantwoordelikhede wag vir jou. Alhoewel sommige mense hieroor opgewonde is, verag baie mense die gedagte aan meer werk, druk en sperdatums.

Deur middel van ons Maandag Motivering podgooi, wil ons jou motiveer en inspireer vir die week wat voorlê met inhoud oor relevante onderwerpe met verwysing na werk.

Baie sterkte vir die week wat voorlê!

x

Wil jy graag 'n verskil maak?

CrossFire LewensTransformasie is tans besig om ‘n splinternuwe kursus saam te stel om mense wat in Kitsgesinne leef (gesinne wat hersaamgestel is) te bemoedig en bemagtig. Dit sal ‘n kwaliteit teks- en video-gebaseerde produk wees wat deur individue, gesinne en gemeentes gebruik kan word. Luister hoe jy tot hierdie projek ‘n bydrae kan maak.